top of page

LUMIES 
LEER ONS KEN

Vang 3_edited.png

LUMIéRE is werklik 'n unieke naam. Sou jy wonder waar dit vandaan kom, kan ons gerus gaan kyk na ons leuse, naamlik LUX ET SCIETAE. Ons kan dit eenvoudig vertaal as LIG EN WETENSKAP. Hierdie leuse is gebaseer op die groot nywerhede in die omgewing – hoofsaaklik SASOL en Lethabo Kragstasie.

​

Dit is dan duidelik dat akademie vir ons die primêre aktiwiteit is om te verseker dat ons leerders gereed is vir die sekondêre skole. Ons SUPER LUMIE-stelsel maak ons uniek in ons benadering tot die vaslegging van waardes _22200000-0000-0000-0000-0000000000222__22200000-0000-0000-0000-000000000022_andms! Sonder hierdie aksie is alle akademiese kennis betekenisloos. Deel hiervan is die vriendskapsweek wat kwartaalliks rigting gee aan die waarde en koestering van vriendskap.

Capture235_edited.png

Sonder sport- en kultuuraktiwiteite sou die lewe saai wees. Ons neem graag deel aan onder meer atletiek, rugby, netbal, hokkie, krieket, tennis, skaak, sokker en spog gereeld met die beste skolierpatrolliespan en baie aktiewe CSV-groep.

 

Ons leuse in hierdie verband is: DOEN JOU BESTE EN GENIET DIT!!!

 

Massadeelname word bevorder aangesien baie voorbeelde daarop dui dat deelname aan kinders "'n plek in die lewe" gee - hulle hoort iewers !! Ons glo dat dit ons plig is om die liefde vir sport en kultuur te kweek – vroeg ryp, vroeg vrot!

 

By LUMIéRE poog ons om elke kind ten volle te "raak". Ons plig is om geleenthede te skep en kinders te ondersteun in wat hulle aanpak. Resultate van pogings deur die personeel is duidelik sigbaar in die prestasies van ons oud-leerders in die sekondêre skole. LUMIéRE spog met 'n veilige terrein, veilige vervoermiddels, skoon skoolterrein, toegeruste klaskamers en 'n uiters lojale personeel.

Capture112_edited.png

Sending

Kwaliteit onderwys deur toegewyde onderwyspersoneel met hul hand in Jesus Christus se hand.

​

2 Tim. 2:24

"'n Dienskneg van die Here argumenteer nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, in staat wees om ander te leer en iemand wat onreg kan verdra."

Ons Skoolklere

Bel ons om meer uit te vind oor ons skoolklere

bottom of page