

Naskool
Funksionering van Naskoolsentrum
Die naskool is vanaf Januarie 2016 onder nuwe bestuur, Me Zané Strydom.
1. Aansoekvorm moet voltooi word. 'n Adminfooi van R100 word jaarliks gehef en moet in kontant saam met die aansoekvorm ingehandig word.
2. Die fooi vir 2017 beloop die bedrag van R500 per maand betaalbaar vir 11 maande - Januarie 2017 tot November 2017 en is STRENG VOORUITBETAALBAAR. GEEN UITSONDERING SAL GEMAAK WORD NIE.
3. Betaling moet voor of op die 1ste van elke maand ontvang word.
4. Eerste betaling vir 2017 - betaalbaar op 14 Januarie 2017.
5. Maandelikse fooie kan as volg betaal word:
* Elektroniese oorbetaling - Rekeningbesonderhede is as volg:
M.E STRYDOM
ABSA VANDERBIJLPARK
REK NR: 9301398759
TAKKODE: 632005
VERWYSING: NAAM & VAN - LEERDER
* Stoporder - Kry 'n vorm in kantoor by Me. M. Strydom
* Kontant betaalbaar in kantoor by Me. M. Strydom.
6. Kontakbesonderhede:
Zané Strydom / 084 709 9000 / epos:strydomzane@gmail.com
REëLS VAN DIE NASKOOLSENTRUM:
1. Leerders kry 'n ligte middagete en versnappering.
2. Naskool sluit stiptelik 17:15
3. 'n Boete van R20 per halfuur en/of gedeelte van 'n halfuur sal by u volgende rekening gevoeg word indien die kind na die tyd, soos bogenoemde, afgehaal word.
4. Skriftelike toestemming mag SLEGS DEUR LEERDER SE OUERS gegee word vir vroeër afhaal.
5. Merk asb. u kind se besittings duidelik.
6. Indien u kind die naskool wil verlaat, word een betaalde kalendermaad kennisgewing van sodanigebeëindiging van die kontrak vereis.
7. Die naskool sal dieselfde kalender as die skool gebruik en sal dus nie oop wees gedurende vakansiedae en skoolvakansies nie. Sou die skool verder oor welke rede ookal nie oop wees nie, sal die naskool ook gesluit wees. Alternatiewe reëlings kan getref word teen ekstra koste.
8. Die naskoolpersoneel sal toesien dat leerders se huiswerk gedoen word. Let asb. daarop dat daar nie fasiliteite is om die leerders te help met praktiese take asook mondelinge nie. DIT BLY DIE UITSLUITELIKE VERANTWOORDELIKHEID VAN DIE OUERS OM SEKER TE MAAK DAT ALLE HUISWERK WEL GEDOEN EN OP DATUM IS.
9. GEEN naskoolpersoneel kan remediëring of ekstra aandag aan leerders met probleme gee nie.
10. Leerders mag onder geen omstandighede by die hek vir ouers wag nie en moet die ouer die leerling by die naskool kom afhaal om sodoende die veiligheid van u kind te beheer.
11. Leerders moet die reëls van die naskool nakom. Indien daar probleme met 'n leerder ondervind word, sal die ouers 'n skriftelike verslag ontvang. GEEN leerder sal toegelaat word om die gesag en dissipline van die naskoolpersoneel te ondermyn nie.
12. Indien die naskoolpersoneel nie ouers in die hande kry nie, sal hulle hul eie diskresie gebruik en die leerder dokter toe neem sou dit blyk nodig wees.
Kontak Ons
Tel : 016 971 2033
Faks : 086 762 8963
Epos : admin@lumies.co.za
Adres :
Wolwekop Straat, Vaalpark
Sasolburg
1947